Dinsdag 9 April 2013 aanbied deur Christell Webb-Joubert
Die kunstenaar Jacques de Backer vertel vir Christelle Webb-Joubert van sy kuns en die dinge wat hom inspireer.
Ina Millman bied gereeld werkswinkels aan op Wakkerstroom. Sy gesels oor die uitdagings van skilder, veral as jy nie van foto’s af werk nie.
Louise Dainty het vir Christelle Webb-Joubert na haar ateljee genooi. Hulle gesels veral oor die kwaliteite van olieverf.
Paul Grobler en Lizzie Lack besit die enigste teater op Wakkerstroom. Hulle gesels oor die wonderlike ruimte en al die ander passies in hulle lewe.
Graham Mellor het die ou bank op Wakkerstroom omskep in ‘n galery. Hy gesels oor hierdie besonderse uitstalruimte.